Praseodimium

59 seriumpraseodimiumneodimium
-

Pr

Pa
Algemeen
Naam, simbool, getal praseodimium, Pr, 59
Chemiese reeks lantaniede
Groep, periode, blok 3, 6, f
Atoommassa 140,90755[1] (1) g/mol
Elektronkonfigurasie [Xe] 4f36s2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 21, 8, 2
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 6,77 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 6,50 g/cm³
Smeltpunt 1 208 K
(935 °C)
Kookpunt 3 403 K
(3 130 °C)
Smeltingswarmte 6,89 kJ/mol
Verdampingswarmte 331 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 27,20 J/(mol·K)
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur dubbelheksagonaal diggepak
Strukturbericht-kode A3'
Oksidasietoestande 4, 3, 2,
(matige basiese oksied)
Elektronegatiwiteit 1,13 (Skaal van Pauling)

Praseodimium is 'n chemiese element met simbool Pr en atoomnommer 59.

Praseodymium is 'n sagte, silwerwit, pletbare en smeebare metaal in die lantaniede-groep. Dit word vir sy magnetiese, elektriese, chemiese en optiese eienskappe gewaardeer.[2] Dit is te reaktief om dit in sy gedeë vorm te vind, en aan die lug blootgestel ontwikkel dit stadig 'n groen oksiedlaag.

Die element is vernoem na die kleur van sy primêre oksied Pr2O3. In 1841 skei die Sweedse chemikus Carl Gustav Mosander uit serium-soute 'n residu af wat hy "lantana" noem. Uit lantana skei hy 'n seldsame aardoksied af wat hy "didimium". Eers word aangeneem dat dit 'n oksied van 'n nuwe element is. In 1885, het die Oostenrykse chemikus baron Carl Auer von Welsbach egter didimium in twee soute van verskillende kleure geskei, wat hy praseodimium en neodimium genoem het. Die naam praseodimium is afkomstig van die Griekse prasinos (πράσινος), wat "groen" beteken, en Didimus (δίδυμος) beteken "tweeling".

Soos die meeste seldsame aardelemente vorm praseodimium gewoonlik trivalente Pr(III) ione. Dit ioon is geel-groen in waterige oplossing, en het verskillende skakerings van geel-groen wanneer dit in glase opgeneem word. Praseodimium word industrieel veral gebruik om geel lig van ligbronne te filter.

  1. Standard Atomic Weights 2013. Commission on Isotopic Abundances and Atomic Weights
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IAMGOLD

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search